A A A A A

Nahum 3

14
Maak gereed vir die inval! Gaar water op, versterk jou vestings! Gaan staan in die kleiput, brei die klei! Versterk die steenvorms!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Julle moet genoeg water gaan haal en dit bêre, want julle vyande sal kom wag rondom die stad se mure. Julle moet die stad se sterk mure nog sterker maak. Julle moet bakstene maak van klei.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Maak julle reg, die vyand gaan die stad omsingel! Sorg dat daar genoeg water opgegaar is en maak julle verdedigingsplekke nog sterker. Maak stene van klei wat goed gebrei is. Julle moet ook julle stukkende stadsmuur regmaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings; spring in die modder, trap dit tot klei, gryp die steenvorm!
Afrikaanse Bybel 1983

14
Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.
Afrikaanse Bybel 1933/1953