A A A A A
Esegiël 27
9
Goeie vakmanne het jou lekplekke toegestop. Skepe het met hulle vrag van elke land gekom om met jou handel te dryf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Leiers van die stad Gebal was die mense wat die plekke moes toemaak waar water ingekom het, hulle kon dit goed doen. Al die skepe, en die mense op hulle, het na jou toe gekom om goed by jou te koop en om goed aan jou te verkoop.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Die beste ambagsmanne het op die skip gewerk om enige lekplek dadelik toe te stop. Al die skepe wat op die see gevaar het, het die een of ander tyd ’n draai by Tirus gemaak. Jy was die middelpunt van die aarde se besigheid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Leiers, vakmanne uit Gebal was aan boord om jou lekplekke toe te stop. Al die skepe op see met hulle bemannings het na jou toe gekom om met jou handel te dryf.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953