A A A A A
Esegiël 27
33
Jou handelaars met hulle ware het die behoeftes van nasies bevredig. Konings oor die hele aarde het deur jou ryk geword.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

33
Die handelaars het die goed wat jy geruil het, oor die see gebring, en toe het baie volke genoeg gehad om van te lewe, meer as genoeg. Jy het die konings van die aarde ryk gemaak met jou baie goed wat jy geruil het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

33
“Die goed waarmee jy besigheid gedoen het, het na al die lande rondom jou gegaan. Jy het konings oor die hele wêreld ryk gemaak met al die goed waarmee jy besigheid gedoen het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

33
“Wanneer jou handelsware aangekom het oor die see, kon baie volke in oorvloed leef; met jou groot rykdom, jou goedere, het jy die konings van die aarde ryk gemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

33
Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.
Afrikaanse Bybel 1933/1953