31 |
Hulle skeer hulle koppe kaal, en in rou oor jou trek hulle begrafnisklere aan. Hulle huil bitterlik omdat hulle oor jou treur. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
31 |
Hulle het hulle koppe kaal geskeer oor jou en hulle het rouklere aangetrek, hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou. Hulle was baie hartseer. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
31 |
Hulle maak hulle reg vir jou begrafnis. Hulle trek begrafnisklere aan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
31 |
hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek; hulle het bitterlik gehuil oor jou, bitterlik getreur. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
31 |
En hulle sal om jou ontwil 'n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in 'n bitter rouklag. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|