A A A A A
Esegiël 27
17
Juda en Israel het jou ware gekoop, en betaal met koring uit Minnit, kos en heuning, olyfolie en balsemgom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Mense van die lande Juda en Israel was ook jou handelaars. Hulle het koring van die land Minnit, vye, heuning, olyf-olie en balsemgom vir jou gegee vir jou goed.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Ook Juda en Israel het met jou handel gedryf. Hulle het jou ware verruil vir hulle koring, vir vye en heuning, olyfolie en balsemgom.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
“Juda en Israel was agente vir jou; hulle het jou goedere verruil vir koring uit Minnit, vir vye, heuning, olyfolie en balsemgom.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Juda en die land Israel, hulle was jou koopmans; koring van Minnit en meel en heuning en olie en balsem het hulle as koopware aan jou gelewer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953