A A A A A
Esegiël 27
16
Aram het handelaars gestuur om met jou besigheid te doen. Met turkoois, pers wolstof, fyn linne, koraal en robyne het hulle vir jou ware betaal.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Jy het baie goed gemaak, en mense van die land Aram het daardie goed vir jou verkoop. Hulle het turkoois, pers wol-materiaal, bont materiaal, linne, koraal en robyne geruil vir jou goed.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Die mense van Aram het ook besigheid met jou kom doen, want jy het baie dinge gemaak. Hulle het jou goed kom koop met hulle materiaal wat van verskillende kleure was en die duur edelstene wat hulle uit hulle myne gehaal het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Aram het vir jou handel gedryf, want jy het baie produkte gelewer; hulle het jou handelsware verruil vir turkoois, pers wolstof, veelkleurige materiaal, linne, koraal en robyne.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953