A A A A A
Esegiël 18
7
Hy verdruk nie mense nie en gee goed terug wat hy in pand geneem het. Hy beroof niemand nie, maar gee kos vir honger mense en klere vir behoeftiges.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
hy verdruk niemand nie, hy gee die goed terug wat hy geneem het omdat iemand nie sy skuld kon betaal nie, hy vat nie ander mense se goed nie, hy gee vir honger mense kos en hy gee klere vir mense wat nie klere het nie,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Hierdie man doen goed aan ander mense. Hy leen nie vir die arm mense nie. Nee, hy gee sommer vir hulle verniet wat hulle nodig het. Hy gee kos vir die mense wat honger is en klere vir mense wat koud kry.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
hy sal niemand verdruk nie, hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee, hy sal niemand beroof nie, hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is, hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie,
Afrikaanse Bybel 1983

7
en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek;
Afrikaanse Bybel 1933/1953