A A A A A
Esegiël 18
29
“En tog hou die mense van Israel aan om te sê: ‘Die Here is onregverdig!’ Mense van Israel, dit is julle wat onregverdig is, nie Ek nie!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

29
Maar die volk Israel sê Ek doen nie reg nie. Hoekom sê julle so? Mense van Israel, dit is nie Ék wat verkeerd doen nie, dit is júlle wat nie reg doen nie!
Afrikaanse Bybel ABA 2007

29
Tog sê die mense van Israel aanhoudend: ‘Die Here tree nie reg op nie!’ Hoor hier, dis julle wat nie reg optree nie, mense van Israel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

29
En dan sê Israel: ‘Die Here tree nie reg op nie.’ Is dit Ek wat nie reg optree nie, Israel? Dit is julle wat nie reg optree nie!
Afrikaanse Bybel 1983

29
Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is julle weë nie onreg nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953