A A A A A
Esegiël 18
27
En as slegte mense van hulle slegte optrede wegdraai en doen wat die wet vereis en wat reg is, sal hulle hulle eie lewe red.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

27
En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om verkeerd te doen en hy doen reg, dan red hy sy eie lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

27
En as mense wat slegte dinge doen, daarmee ophou en begin doen wat Ek sê, sal hulle bly leef.
Afrikaanse Bybel DB 2006

27
En as 'n goddelose hom bekeer van sy goddelose optrede en hy laat reg geskied en doen reg, hou hy hom in die lewe.
Afrikaanse Bybel 1983

27
En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen -- hy sal sy siel in die lewe behou;
Afrikaanse Bybel 1933/1953