A A A A A
Esegiël 18
26
Wanneer regverdige mense van die goeie af wegdraai en slegte dinge begin doen, sal hulle daaroor doodgemaak word. Ja, hulle sal sterf oor hulle sondige dade.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

26
Wanneer iemand wat altyd reg gelewe het, ophou om reg te lewe en hy doen verkeerde dinge, dan sal hy daaroor sterf. Hy sal sterf omdat hy verkeerd gedoen het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

26
As mense wat reg optree en doen wat Ek sê, daarmee ophou en slegte dinge begin doen, sal hulle doodgemaak word vir hulle slegte dade.
Afrikaanse Bybel DB 2006

26
As iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en op grond daarvan sterf, sterf hy op grond van die onreg wat hy gepleeg het.
Afrikaanse Bybel 1983

26
As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Afrikaanse Bybel 1933/1953