A A A A A
Esegiël 18
23
“Dink julle, vra die oppermagtige Here, dat Ek daarvan hou om slegte mense te sien doodgaan? Natuurlik nie! Wil Ek nie veel eerder sien dat hulle omdraai van hulle slegte paaie en lewe nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil glad nie hê dat die persoon wat verkeerd doen, moet sterf nie, Ek wil hê hy moet sy lewe verander sodat hy kan aanhou lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
“Dink jy dat dit vir My lekker is om slegte mense dood te maak?” Die Here, die God van Esegiël, vra vir jou hierdie vraag. “Natuurlik hou Ek nie daarvan om mense vir hulle slegte dade te straf nie. Ek sal so graag wil sien dat hulle omdraai en agter My aanloop sodat hulle kan bly lewe.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sê die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer van sy verkeerde dade en dat hy bly lewe.
Afrikaanse Bybel 1983

23
Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953