22 |
Al die verkeerde dade van die verlede sal vergeet word. Hulle sal lewe omdat hulle doen wat goed en reg is. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Ek sal nie daaraan dink dat hy opstandig was nie. Hy sal aanhou lewe omdat hy reg gedoen het.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Ek sal vergeet van al die slegte dade wat hulle gedoen het. En hulle sal lewe omdat hulle begin het om goeie dade te doen. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Nie een van sy oortredings wat hy begaan het, sal teen hom gehou word nie. Hy sal bly lewe op grond van die reg wat hy doen. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|