A A A A A
Esegiël 18
21
“Maar as slegte mense ophou om slegte dinge te doen en my voorskrifte begin gehoorsaam en doen wat goed en reg is, sal hulle verseker lewe. Hulle sal nie doodgemaak word nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
“En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om al die sondes te doen wat hy gedoen het en hy lewe dan soos Ek sê en hy doen reg, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker, hy sal nie sterf nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Maar as slegte mense die slegte ophou doen en omdraai en agter My begin aanloop, en hulle doen wat Ek die mens beveel het om te doen, sal hulle lewe. Ek sal hulle nie doodmaak nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
“Maar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953