A A A A A
Esegiël 18
19
“Nou vra julle: ‘Waarom word die seun nie vir die pa se sondes verantwoordelik gehou nie?’ Die seun het dan gedoen wat reg en goed is en hy het my voorskrifte onderhou; daarom sal hy verseker lewe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
En julle vra hoekom Ek nie 'n seun straf oor die sonde van sy pa nie? Die seun het reg gedoen en reg gelewe, hy was gehoorsaam aan alles wat Ek gesê het en hy het dit gedoen. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
“Nou sê jy: ‘Maar ’n kind moet ook mos vir sy pa se slegte dade betaal! Hy moet net soos sy pa gestraf word!’ Nee! Nooit nie. As die kind reg doen, sal hy lewe. Hy doen wat Ek sê.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
“Julle vra waarom die seun nie die straf op sy pa se sonde kan dra nie? Omdat die seun reg laat geskied en reg leef. Hy is gehoorsaam aan al my voorskrifte en hy voer hulle uit, en daarom sal hy bly lewe.
Afrikaanse Bybel 1983

19
Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring -- hy sal sekerlik lewe!
Afrikaanse Bybel 1933/1953