18 |
Die pa sal doodgemaak word oor die afskuwelike dade wat hy gepleeg het. Hy was wreed en het sy eie familie beroof. Hy het tussen sy mense slegte dinge gedoen. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
18 |
Maar sy pa het mense verdruk, hy het hulle goed gevat en hy het niks goed gedoen in sy land nie, dáárom het die pa gesterf oor sy sonde. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
18 |
Maar die pa sal doodgemaak word vir die baie slegte dade wat hy gedoen het. Hy was wreed teenoor mense en hy het sy eie familielede bedrieg en besteel.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
18 |
Maar sy pa sal sterf vir sy eie sonde. Hy het mense verdruk en beroof en het verkeerde dinge gedoen tussen sy mense. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
18 |
Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie -- kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|