A A A A A
Esegiël 15
6
“So sê die oppermagtige Here: Die mense van Jerusalem is soos wingerdstokke wat tussen die bome in die woud groei. Hulle het geen nut nie. Daarom het Ek hulle eenkant gesit om verbrand te word!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek het die wingerdhout tussen die bome in die bos gemaak om dit te verbrand. Ek sal dieselfde doen met die mense wat in Jerusalem woon, Ek sal hulle verbrand.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Nou sê die Here, Esegiël se God, vir hierdie mense: “Die mense van Jerusalem is soos ’n druiwestok wat tussen die bome in die bos gegroei het. Hulle het geen nut vir My nie omdat hulle nie vrug dra nie. Daarom het Ek hulle eenkant neergegooi om mee vuur te maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
Afrikaanse Bybel 1933/1953