A A A A A
Esegiël 15
3
Kan sy hout gebruik word om daarvan gebruiksartikels te maak, soos penne waaraan jy iets kan ophang?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Niemand gebruik dit om iets te maak nie. Niemand gebruik wingerdhout om 'n haak te maak sodat hy iets aan die haak kan hang nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Kan jy die hout van ’n druiwestok gebruik om iets van te maak, soos ’n houtpen wat jy teen die muur inkap om iets aan op te hang?
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Word dit gebruik om iets van te maak, of gebruik iemand 'n stuk daarvan vir 'n pen om enigiets aan op te hang?
Afrikaanse Bybel 1983

3
Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
Afrikaanse Bybel 1933/1953