4 |
“Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of volksgenote vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
4 |
Hulle moet oppas vir mekaar, hulle kan mekaar nie glo nie, want almal bedrieg mekaar en praat sleg van mekaar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
4 |
“Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of jou volksgenote enigsins vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
4 |
Wees selfs vir 'n vriend op jou hoede, moenie eens 'n broer vertrou nie. Elke broer is 'n onderkruiper en elke vriend 'n kwaadsteker. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
4 |
Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|