A A A A A
Jeremia 9
25
Die Here sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
[25-26] Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
Die Here sê: “Daar kom ’n tyd dat Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. Ek kyk na mense se gesindheid en stel nie in die uiterlike tekens alleen belang nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
Daar kom dae, sê die Here, dat Ek selfs almal wat besny is, gaan straf,
Afrikaanse Bybel 1983

25
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is:
Afrikaanse Bybel 1933/1953