A A A A A
Jeremia 9
24
Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak. Ek, die Here, het dit gesê!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
Maar as iemand wil spog, dan moet hy hieroor spog: dat hy My, die Here, ken en dat hy weet Ek doen wat Ek belowe het. Ek doen reg en Ek is goed vir al die mense op die aarde. Ja, dit is waarvan Ek hou.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een goeie rede, en dit is dat hulle insig het en My ken. Ek is die Here wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Ek julle liefhet, sal Ek julle nie in die steek laat nie. Dit is wat Ek van julle verwag. Dit sal My baie bly maak,” sê die Here.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde, want dit is wat Ek wil hê, sê die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

24
maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in die dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953