20 |
Vroue, luister na die woorde van die Here. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters ’n treurlied, leer hulle om klaagliedere te sing. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Maar, vroue, julle moet luister wat sê die Here nog. Julle moet vir julle dogters leer om te treur en 'n klaaglied te sing, |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Die vroue van die land moet luister wat die Here te sê het. Hoor baie mooi wat Hy sê: “Julle moet julle dogters leer om hartseer te word. Verder moet die vroue mekaar leer om liedere te sing wat by dood en begrafnis sal pas. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Vrouens, luister na die woord van die Here, neem alles in wat Hy sê. Leer julle dogters om te kla, laat hulle mekaar klaagliedere leer: |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|