19 |
Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat, en ons huise het puinhope geword.’” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Ons hoor hoe huil die mense in Sion. Hulle sê: “Die vyande het ons weggejaag en ons het alles verloor, ons moet weggaan uit die land, want hulle het ons huise afgebreek.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Uit Jerusalem kan ’n mens die desperate gehuil van die mense van die stad hoor. Hulle roep uit: ‘Dit is klaar met ons! Ons is tot die grond toe verneder! Ons is uit die land gedryf en ons huise is platgeslaan.’” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Hoor hoe kla dit uit Sion; hoe het die verwoesting ons getref, hoe is ons verslaan! Ons moet die land verlaat, ons huise word omgestoot. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor: Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|