A A A A A
Jeremia 9
17
Die Here, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Roep die huilvroue. Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Die Here het ook gesê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is. Roep al die mense wat gewoonlik by begrafnisse huil, bymekaar. Ook dié wat treurige liedere kan sing.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
So sê die Here die Almagtige: Luister goed! Roep al die klaagvroue dat hulle kom, laat kom die vroue wat weet hoe om klaagliedere te sing.
Afrikaanse Bybel 1983

17
So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;
Afrikaanse Bybel 1933/1953