A A A A A
Jeremia 9
13
Die Here het geantwoord: “Dit is omdat my mense weier om my voorskrifte wat Ek vir hulle gegee het, te volg. Hulle weier om na My te luister en volgens my voorskrifte te lewe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
En die Here het gesê: “Dit het gebeur omdat die mense van Juda en Jerusalem nie gedoen het wat Ek wil hê nie en omdat hulle nie gehoorsaam was aan My nie. Hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Die Here het geantwoord: “Die stad lyk so omdat my mense nie my voorskrifte volg nie. Hulle het geweier om te lewe soos Ek gesê het hulle moet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Die Here het gesê: Dit is omdat hulle my wet verlaat het wat Ek hulle gegee het; hulle het nie na My geluister nie en my wet nie nagekom nie,
Afrikaanse Bybel 1983

13
En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,
Afrikaanse Bybel 1933/1953