A A A A A
Jeremia 9
12
Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom hierdie dinge gebeur? Vir wie het U onderrig sodat hy dit weer vir iemand anders kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eers wil waag om daardeur te gaan nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Ek, Jeremia, het gevra: “Waar is 'n wyse mens wat dit kan verstaan? Met wie het die Here gepraat? Wie kan vir ons sê hoekom dit gebeur het? Hoekom is die land verwoes? Hoekom het dit soos 'n woestyn geword waar niemand verbygaan nie?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Ek vra toe: “Is daar iemand wat genoeg insig het om te verstaan hoekom al hierdie dinge gebeur? Het U dit vir iemand gesê wat dit aan ander mense kan verduidelik? Hoekom is hierdie land so erg verwoes dat niemand dit eens wil waag om daardeur te gaan nie?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Waar is die wyse man wat dít kan verstaan? Met wie het die Here gepraat dat dié dit kan vertel? Waarom het die land te gronde gegaan, waarom is dit verwoes dat dit soos 'n woestyn is waar niemand verbygaan nie?
Afrikaanse Bybel 1983

12
Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953