A A A A A
Jeremia 9
11
“Ek sal Jerusalem maak tot ’n bouval. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die dorpe van Juda sal spookdorpe wees, want niemand sal meer daar bly nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Die Here sê: “Ek sal Jerusalem verwoes, dit sal net hope klippe wees, en daar sal jakkalse woon. Ek sal die mense wegvat uit die stede van Juda, niemand sal daar woon nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Die Here sê: “Ek sal Jerusalem soos ’n bouval maak. Dit sal ’n plek wees waar die jakkalse graag sal lê. Die stede van Juda sal leegloop, want niemand sal meer daarin bly nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Ek sal Jerusalem 'n hoop klippe maak, 'n woonplek van jakkalse. Ek sal die stede van Juda verlate plekke maak sonder inwoners.
Afrikaanse Bybel 1983

11
En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, 'n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoner.
Afrikaanse Bybel 1933/1953