A A A A A
Jeremia 9
1
Ag, ek wens my kop was soos ’n waterspruit, my oë soos ’n fontein vol trane. Dan sou ek dag en nag huil oor my mense wat geslag is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Ek wens my kop was vol water, en my oë fonteine vol trane. Dan het ek elke dag en nag aangehou huil oor my volk se manne wat in die oorlog gesterf het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Verder het Jeremia gesê: “Ag, ek wens my kop was soos ’n put wat vol water is en my oë soos ’n fontein vol trane. As dit maar so kon wees, sou ek dag en nag gehuil het oor al my mense wat doodgemaak is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Ag, was my kop maar vol water en my oë 'n fontein met trane, dan sou ek dag en nag huil oor my volksgenote wat gesneuwel het.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Ag, was my hoof maar water en my oog 'n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953