A A A A A

Jeremia 50

6
“My volk is verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ’n verkeerde koers gelei en agtergelaat om in die berge rond te dwaal. Hulle dwaal rond van heuwel tot heuwel, sonder om te onthou waar hulle rusplek is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
My volk was soos skape wat weggeraak het, hulle herders het hulle laat wegraak en laat verdwaal op die berge. Hulle het van die een berg na die ander berg geloop en hulle het vergeet waar hulle lêplek is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Die Here sê ook van sy volk: “Hulle is soos verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ’n verkeerde koers gelei en gelos om in die berge rond te dwaal. Op die ou einde het hulle heeltemal in die heuwels verdwaal. Hulle het vergeet waar hulle rusplek is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
My volk was skape wat weggeraak het: hulle herders het hulle laat verdwaal, hulle in die berge laat rondswerf; die skape het van die een berg na die ander toe geloop en vergeet waar hulle rusplek is.
Afrikaanse Bybel 1983

6
'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953