A A A A A

Jeremia 50

46
Die geluid van Babel se val sal die aarde laat bewe. Al die volke van die wêreld sal hulle wanhoopskrete hoor.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

46
Die aarde sal skud wanneer Babel val, die volke sal hoor hoe skree die mense van Babel.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

46
Wanneer die vyand Babel inval, sal die aarde daarvan bewe en dreun. Die mense van Babel sal hard skree omdat hulle nie meer hoop vir die toekoms sien nie. Hulle sal skree omdat hulle nie meer hoop het nie. Al die volke van die wêreld sal hulle geskree hoor.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

46
Die aarde sal skud van die dreuning wanneer Babel ingeneem word, die geroep om hulp sal gehoor word deur die ander nasies.
Afrikaanse Bybel 1983

46
Van die tyding: Babel is ingeneem! bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor.
Afrikaanse Bybel 1933/1953