A A A A A

Jeremia 50

45
Luister na die Here se plan met Babel en die land van die Babiloniërs. Selfs klein kindertjies sal uit hulle land weggevat word. Hulle huise sal leeg staan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

45
Daarom moet julle hoor wat die Here besluit het oor Babel, julle moet hoor wat Hy wil doen met die mense van Galdeër-land. Die vyande sal hulle kinders wegsleep, dit is seker, hulle sal al die mense wegvat uit die woonplek van die Galdeërs, dit is seker.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

45
Luister ’n bietjie na die plan wat die Here met Babel en die land van die Babiloniërs het. Hy sê: “Ek sal toelaat dat hulle kinders weggevat word uit hulle land uit. Hulle sal geskok staan as hulle dit sien gebeur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

45
Hoor wat die Here besluit het, wat sy beslissing oor Babel is, wat Hy Hom voorgeneem het oor Galdeërland: hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne, die Galdeërs se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.
Afrikaanse Bybel 1983

45
Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953