43 |
Berigte oor hulle het die koning van Babel bereik. Dit het hom lam van vrees gemaak. Angs en pyn het hom beetgepak, soos ’n vrou in kraam. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
43 |
Wanneer die koning van Babel hoor dat sy vyande kom, dan word sy hande pap, hy word bang, hy kry seer soos 'n vrou wat 'n baba kry. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
43 |
Die nuus het by die koning van Babel uitgekom dat ’n mag besig was om teen hulle op te trek. Dit het hom lam van vrees gemaak. So erg was dit dat hy verskriklike angs en pyne begin kry het.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
43 |
Die koning van Babel het die gerug oor hulle gehoor, sy hande hang slap, angs pak hom beet, benoudheid soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
43 |
Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|