A A A A A

Jeremia 50

34
Maar daar ís Iemand wat hulle loskoop om vry te kom. Dit is die Here, die Almagtige. Hy sal vir hulle intree en rus bring in die land, maar onrus vir die inwoners van Babel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

34
Maar die God wat hulle vrymaak, is sterk, sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sal hulle help om teen hulle vyande te veg en Hy sal vrede bring in die land Israel, maar Hy sal nie vrede bring vir die mense van Babel nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

34
Maar daar is iemand wat hulle help om vry te kom. Hy is baie sterk. Hy is die Here wat sterker as alles en almal is. Hy sal hulle belange op die hart dra en sorg dat hulle rus en vrede in hulle land sal hê. Die vooruitsigte vir die mense van Babel is nie goed nie. Hulle sal nie rus en vrede hê nie, maar probleme.
Afrikaanse Bybel DB 2006

34
Maar hulle Beskermer is magtig; sy Naam is die Here die Almagtige. Hy sal vir hulle reg opkom: Hy sal rus bring in die land Israel, maar onrus vir die inwoners van Babel.
Afrikaanse Bybel 1983

34
Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.
Afrikaanse Bybel 1933/1953