31 |
Die oppermagtige Here, die Almagtige, sê: “Julle is arrogant. Daarom word Ek nou julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
31 |
Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê: “Luister, opstandige mense, Ek is teen julle, want die dag het gekom wanneer Ek julle sal straf. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
31 |
Die Here wat sterker as alles en almal is, sê vir die Babiloniërs: “Julle is arrogant. Ek is julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
31 |
Ek gaan optree teen jou, hooghartige land, sê die Here God, die Almagtige, want jou dag het gekom, die tyd is daar dat Ek jou gaan straf. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
31 |
Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|