A A A A A

Jeremia 50

29
“Roep jou boogskutters op teen Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërs wat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle het die Here, die Heilige van Israel, se gesag uitgedaag.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

29
Julle moet baie soldate roep om na Babel te kom, almal wat met 'n pyl en boog skiet. Julle moet julle tente opslaan rondom die stad, niemand moet vry wegkom nie. Julle moet die mense van die stad straf oor alles wat hulle gedoen het, julle moet aan hulle doen wat hulle aan julle gedoen het, want hulle was opstandig teen die Here, teen die Heilige God van Israel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

29
Stuur jou gewapende manne na Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërs wat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle verdien dit, want hulle dink te veel van hulleself. Hulle het die Here se gesag uitgedaag. Daar is niemand wat soos Hy is nie. Hy is die Here van Israel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

29
Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters; laat hulle kamp opslaan rondom hom, moenie dat een vrykom nie. Betaal hom terug vir wat hy gedoen het, doen aan hom soos hy aan ander gedoen het, want hy was hooghartig teen die Here, teen die heilige God van Israel.
Afrikaanse Bybel 1983

29
Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die HERE, teen die Heilige van Israel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953