19 |
Ek sal die mense van Israel na hulle eie weivelde terugbring. Hulle sal weer wei op die velde van Karmel en Basan. Die heuwelgebiede van Efraim en Gilead sal vir hulle genoeg gee om van te lewe. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
En Ek sal Israel laat terugkom na hulle land. Hulle is my skape en hulle sal wei op Karmel-berg en Basan-berg, hulle sal genoeg kry om te eet op die Efraim-berge en op die Gilead-berge.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
Verder sal Ek die mense van Israel na hulle land toe laat terugkom. Hulle sal weer in die omgewing van Karmel en Basan ’n bestaan maak. Die heuwelgebied van Efraim en Gilead sal vir hulle genoeg gee om van te leef. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Maar vir Israel sal Ek terugbring na sy weiveld toe, en hy sal op Karmel en in Basan wei, hy sal volop te wei hê op die Efraimsberge en in Gilead. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in G¡lead versadig word. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|