A A A A A

Jeremia 50

17
“Die mense van Israel is soos skape wat deur leeus uitmekaargejaag word. Eers het die koning van Assirië hulle opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene skoongevreet.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
“ Israel is soos skape wat weggeraak het, leeus het hulle weggejaag na al die kante toe. Die koning van Assirië het eers die Israeliete opgevreet, en toe het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene stukkend gekou.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Die Here sê ook: “Die mense van Israel is soos skape wat deur leeus uitmekaargejaag is. Eers het die koning van Assirië hulle begin eet en nou is Nebukadnesar, die koning van Babel, besig om hulle bene te kou.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Israel is 'n verjaagde skaap, leeus het hom rondgejaag. Eers het die koning van Assirië hom opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel sy bene skoongevreet.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadr,sar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.
Afrikaanse Bybel 1933/1953