A A A A A

Jeremia 50

14
“Boogskutters, omsingel Babel. Maak julle reg om aan te val! Moet nie julle pyle spaar nie! Want die mense van Babel het teen die Here gesondig.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Julle wat skiet met 'n pyl en boog, julle moet Babel aanval van al die kante. Julle moet skiet, julle moet al julle pyle gebruik, want Babel het sonde gedoen teen die Here.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Die Here sê: “Julle almal wat boogskutters is, omsingel Babel en maak julle reg om aan te val. Laat julle pyle sonder ophou op hulle reën. Die mense van Babel het verkeerde dinge gedoen waarvan die Here net mooi niks hou nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Ruk van alle kante af op teen Babel, almal met pyl en boog! Skiet hom, moenie spaarsaam wees met die pyle nie! Hy het teen die Here gesondig.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen die HERE gesondig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953