11 |
“Julle het my mense besteel, hulle wat Ek vir My uitgesoek het. Julle is vrolik en bly daaroor. Julle spring rond soos ’n verskalf wat koring uittrap, en soos perde wat runnik. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Die Here sê: “Galdeërs, julle wat nou die goed wegdra uit my stad, julle is nou bly en julle juig, julle spring rond soos kalwers op 'n dorsvloer, julle raas, julle runnik soos perde-hingste. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Die Here sê: “Julle mense van Babel, julle het my mense wat Ek vir My uitgesoek het, besteel. En nou is julle boonop vrolik en bly daaroor. Julle gaan te kere soos ’n kalf wat in die gras rondspring of soos ’n perd wat runnik. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Ja, wees maar vrolik, jubel maar, julle wat nou my eiendom plunder! Huppel maar soos 'n verskalf wat koring uittrap, runnik maar soos hingste! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos 'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste -- |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|