A A A A A
Jeremia 48
41
Hy sal die dorpe van Moab inneem en die vestings oorneem. Daardie dag sal Moab se krygsmanne so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

41
Hulle sal die stede oorwin, ook die stede wat sterk mure het. “Die soldate van Moab sal daardie dag so bang word soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

41
Hulle sal die stede van Moab inneem en die versterkte skuilplekke oorneem. Daardie dag sal die dapperste soldate net so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

41
Stede sal verower word, vestings ingeneem word. Daardie dag sal Moab se soldate so bang wees soos vrouens wat vasgekeer is.
Afrikaanse Bybel 1983

41
Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953