A A A A A
Jeremia 48
39
Ag, hoe stukkend is hulle nie! Hoor hoe huil hulle! Moab is soos mense wat die rug wegdraai van ander omdat hulle skaam is. Moab se bure dryf die spot met hulle. Hulle skrik as hulle al die verwoesting sien.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

39
Die Moabiete is bang, hulle huil en vlug, want hulle het verloor in die oorlog. Al die volke rondom die Moabiete lag oor wat met hulle gebeur het, en mense skrik wanneer hulle dit sien.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

39
Ag, hoe stukkend is Moab! Hoor hoe huil hulle! Moab is soos iemand wat wegdraai van ander omdat hy skaam is. Moab se bure dryf die spot met hulle. Maar as hulle al die verwoesting in Moab sien, skrik hulle.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

39
Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy ná sy neerlaag! Huil maar, want Moab word 'n spot, hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.
Afrikaanse Bybel 1983

39
Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan vir almal wat rondom hom is, 'n belagging en 'n verskrikking word.
Afrikaanse Bybel 1933/1953