A A A A A
Jeremia 48
38
Oral in Moab is mense in rou. Hulle doen dit op die dakke van hulle huise en op die pleine. Hulle doen dit, sê die Here, omdat Ek Moab gebreek het soos ’n kleipot wat niemand meer gebruik nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

38
die mense rou op al die dakke en op die oop stukke grond, want Ek het Moab gebreek soos 'n kleipot wat niemand wil hê nie.” Dit sê die Here.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

38
Oral in Moab is mense besig om te huil asof iemand dood is. Hulle doen dit op die plat dakke van hulle huise en op die pleine in die stede waar die mense altyd bymekaarkom. Hulle doen dit,” sê die Here, “omdat Ek hulle gebreek het soos ’n kleipot wat niemand meer gebruik of voor omgee nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

38
daar word oral op die dakke in Moab en op sy stadspleine getreur, want Ek het Moab gebreek soos 'n kleipot wat niemand wil hê nie, sê die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

38
Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953