20 |
Moab is verneder, hulle is gebroke. Huil en kla! Vertel dit by die Arnonrivier dat hulle Moab verwoes het! |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Moab het die oorlog verloor, ja, hulle het bang geword. Julle moet huil en vra dat iemand hulle moet help, julle moet vir die mense by die Arnon-rivier vertel dat die vyande vir Moab verwoes het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Die antwoord is: ‘Huil en roep van hartseer uit, want Moab se mag is gebreek. Vertel vir almal, selfs tot by die Arnonrivier, dat Moab verwoes is!’ |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Moab is verslaan, hy is angsbevange. Huil, skreeu, gaan vertel by die Arnon dat Moab verwoes is! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat Moab verwoes is! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|