A A A A A
Jeremia 48
17
Almal in Moab se omgewing, begin huil oor hierdie land. Julle wat Moab se naam ken, sê: ‘Die septer van mag en die staf van trots is nou gebreek!’
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Julle almal rondom Moab, julle wat die land ken, julle moet jammer wees vir hom en julle moet julle koppe skud, julle moet sê: ‘Moab het oor ander volke regeer, baie mense het hom gedien, maar Moab se septer het gebreek.’
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Almal wat naby aan Moab bly, kan solank begin huil oor hierdie land. Julle wat die reputasie van Moab ken, kan sê: ‘Die septer en die staf wat gewys het hoe sterk en trots die regering van Moab was, is nou gebreek.’
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Julle almal rondom hom, julle almal wat hom by die naam ken, kan maar met meegevoel die koppe skud en sê: “Hoe het dié magtige ryk, dié glansryke heerskappy, tot 'n val gekom!”
Afrikaanse Bybel 1983

17
Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!
Afrikaanse Bybel 1933/1953