15 |
Die Here, die Almagtige, die Koning, sê: “Die vernietiger sal Moab en sy dorpe verwoes. Van hulle beste jongmense sal in gevegte sterf. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
maar die vyande het gekom en hulle sal Moab en sy stede verwoes, hulle sal Moab se beste jong soldate doodmaak.” Dit sê die Here, Hy is die Koning wat oor alles regeer. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Die Here wat sterker as alles en almal is, die Koning, sê: “Moab en al haar stede sal verwoes word. Van haar beste jongmense is doodgemaak in gevegte. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Die verwoester is al op pad na Moab se stede toe, en die keur van Moab se jongmanne is op pad na hulle dood toe. Dit is wat die Koning sê, sy Naam is die Here die Almagtige: |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|