13 |
Dan sal Moab skaam wees oor Kemos, net soos Israel ook destyds skaam was oor die goue kalf by Bet-El op wie hulle vertrou het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Die god Kemos sal nie vir Moab kan help nie. Die mense van Israel het ook gedink die god Bet-El sal vir hulle kan help, maar hy kon nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
As dit gebeur, sal Moab verleë wees omdat die afgod Kemos hulle nie gehelp het nie. Israel het ook destyds in die verleentheid gekom omdat hulle op Bet-El staatgemaak het.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Moab sal by Kemos nie hulp kry nie, net so min as wat Israel hulp gekry het by Bet-El op wie hy vertrou het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het deur Bet-el waar hulle op vertrou het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|