A A A A A
Jeremia 48
10
“’n Vloek rus op elkeen wat weier om die werk van die Here te doen. ’n Vloek rus ook op elkeen wat nie dié doodmaak wat die Here hulle beveel het om dood te maak nie!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Mense wat die werk van die Here moet doen, julle moet weet dat die Here julle sal straf as julle die werk nie goed doen nie. Hy sal julle straf as julle nie die mense doodmaak wat julle moet doodmaak nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Slegte dinge gaan gebeur met elkeen wat lui is om die werk te doen wat die Here gesê het hulle moet. Maar mense wat nie die mense doodmaak wat hulle moet nie, kan verwag dat slegte dinge met hulle gaan gebeur.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Daar rus 'n vloek op elkeen wat traag is om die werk te doen wat die Here hom gegee het, op elkeen wat sy swaard nie vrylik bloed laat vergiet nie.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!
Afrikaanse Bybel 1933/1953