A A A A A
Jeremia 44
4
“Hoeveel keer het Ek nie my diensknegte — die profete — gestuur om hulle te smeek en te sê: Moenie hierdie afskuwelike dinge doen wat Ek so haat nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Ek het aangehou om al my dienaars, die profete, na julle toe te stuur en Ek het vir julle gesê: Asseblief, julle moenie al hierdie slegte dinge doen nie, Ek haat dit.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hoeveel keer het Ek nie my profete gestuur om hulle te smeek om nie hierdie afskuwelike dinge te doen wat Ek so haat nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Ek het my dienaars die profete almal na julle toe gestuur, vroeg en laat, en vir julle gesê: Moenie die afskuwelike dinge doen nie. Ek haat dit.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953