27 |
Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie; oorloë en hongersnood sal julle tref. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
Ek is nou gereed om hulle te straf, nie om goed te doen aan hulle nie. Elke Judeër in die land Egipte sal sterf in oorlog of van honger, almal sal sterf. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie. Julle sal in oorloë kom en ’n skaarste aan kos hê. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Ek sal noulettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|