A A A A A
Jeremia 44
24
Jeremia het vir al die mense, die vroue ingesluit, gesê: “Luister na die boodskap van die Here, julle wat in Egipte woon.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
Jeremia het vir al die Judeërs gesê, ook vir die vroue: “Judeërs, julle almal wat in die land Egipte is, julle moet hoor wat die Here sê:
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
Jeremia het vir al die mense, die vroue ingesluit, gesê: “Luister na wat ek van die Here af vir julle wat in Egipte bly, gekry het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Jeremia het verder vir al die mense, ook vir al die vrouens, gesê: Hoor die woord van die Here, alle Judeërs in Egipte!
Afrikaanse Bybel 1983

24
Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland is!
Afrikaanse Bybel 1933/1953