A A A A A
Jeremia 44
23
Die Here bring hierdie onheil oor julle omdat julle wierook gebrand het. Julle het ook teen die Here gesondig deur aan Hom ongehoorsaam te wees. Hy het vir julle sekere reëls en riglyne gegee waarvolgens julle moes lewe, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Julle het sonde gedoen teen die Here toe julle daardie offers gebring het. Julle het nie gedoen wat Hy vir julle in sy wette gesê het nie. Daarom gaan dit nou so sleg met julle.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Die Here bring hierdie ellendes oor julle omdat julle wierook gebrand het. Julle het nie gedoen wat die Here van julle verwag nie. Hy het vir julle sekere reëls en riglyne gegee waarvolgens julle moes lewe, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Dit is omdat julle die wierookoffers gebring het en teen die Here gesondig het, omdat julle ongehoorsaam was aan die Here en nie geleef het volgens sy wet, sy voorskrifte en sy verordeninge nie, dat die ramp julle getref het soos dit vandag is!”
Afrikaanse Bybel 1983

23
omdat julle rook laat opgaan het en teen die HERE gesondig en nie na die stem van die HERE geluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953